Ek is awesome
Okay, so nou en dan mag jy maar jou eie trompet so bietjie blaas. En veral as jy regtig so amazing is!
Nee, seriously, vandag was ek tops – besides die feit dat ek horde dinge vir die besigheid gedoen het , die huis instand gehou het, ‘n vierjarige tuisonderrig het, ‘n baba gelukkig en gestimuleerd gehou het en met albei kinders kwaliteit tyd spandeer het, het ek ook nog tyd gehad om community service te doen deur storieleestyd by die biblioteek aan te bied. En asof dit nie genoeg was nie, het ek sommer besluit om gou-gou tuisgemaakte pasta te maak – so het toe die pastadeeg gemaak en in rondtes uitgesny, elke rondte gevul met ‘n teelepel butternut-en-feta mengsel (ook self gemaak, van heel butternut nogal, nie eers die klaar geskilde soort nie) en mooi halfmane gevorm met die toedruk van die pasta “pasteitjies” en dit alles voorgele in ‘n burnt butter and sage sousie. So jammer ek het toe nie ook sommer in neglige vir my manlief die deur oopgemaak nie…